Die Burger
Dinsdag 13 Augustus 2013
Fotovoltaïese sonkrag het groot potensiaal vir plaaslik vervaardigde inhoud.
As die onsekerhede oor beleid en regulering verwyder is en die vraag na sonkrag neem toe, sal die plaaslike vervaardiging van silikonselle uitvoerbaar wees, volgens ’n verslag wat in opdrag van die departement van handel en nywerheid, WWF-SA en Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging (Sapvia) opgestel is. Plaaslike inhoud van 90% kan dan bereik word.